SOUTH AFRICAN HOMEPAGE

++Welcome to the Riseingsouthernstar of Africa another Homepage on the web,about South Africa,A Homepage to share for Young and Old .++
Andreas Dezius - Senior Webmaster
Andreas Dezius Grafic Designer and Homepage Layout

About Riseingsouthernstar-africa

Riseingsouthernstar-africa is a Homepage and Website based on South Africa,The Life and Culture and Wildlife and as Well of our Lives ,when we were still Liveing in South Africa .

Help us help them survive

Pictures of South Africa




..........

riseingsouthernstar africa

The Vierkleur Flag




  Die Vier Kleur Vlag
  
 
South Africa

 The Flag of Transvaal was the flag of the former Transvaal province of South Africa. It was previously the flag of the historic Transvaal Republic, officially called the Zuid Afrikaanse Republiek or in English translation, the South African Republic, from 1857 to 1874, 1875-1877, and 1881-1902. It was also used by the Boer rebels during the Maritz Rebellion as the flag of their insurgent South African Republic from 1914 to 1915.

The flag features three horizontal stripes of red, white, and blue (recalling the Dutch national flag), with a vertical green stripe at the hoist, and is known as the Vierkleur (lit. four colours). The former national flag of South Africa (from 1928—1994) had, as part of a feature contained within its central white bar, a horizontal flag of the Transvaal Republic.

 

 Vaarwel aan die Vierkleur

Here are the lyrics of Vaarwel aan die Vierkleur, as they appear in the FAK-Sangbundel (Fourth Edition 1979, sixth printing of 2002) published by Protea Boekhuis for the Federasie van Afrikaanse Kultuurvereniginge (FAK).

No longer may the Vierkleur wave, 
in tears we gave it up, 
it has been buried with our braves 
sunk into an honourable grave 
it has been buried with our braves 
sunk into an honourable grave. 

Happier those who fell 
when still the Flag was borne, 
than us who had to see and mourn 
it dragged into the dust 
than us who had to see and mourn 
it dragged into the dust. 

No happy morning for it there, 
we part from it forever 
now resting in the Nation's heart 
and dedicated to the Past 
now resting in the Nation's heart 
and dedicated to the Past. 

Blessed to those who bore it boldly 
to brave the prideful foe 
whose feeble arms to it did cling 
as they went to their death 

whose feeble arms to it did cling 
as they went to their death. 

Let Future Ages never forget them 
as long as men endure 
till even Heaven is outworn 
and Earth reels before its fall, 
till even Heaven is outworn 
and Earth reels before its fall.

 
Die Vierkleur van ons dierbaar land,
die waai weer oor Transvaal
en wee die Godvergete hand,
wat dit weer neer wil haal!
Waai hoog nou in ons helder lug,
Transvaal sy vryheidsvlag!
Ons vyande is weggevlug,
nou blink 'n blyer dag!


Met lae lis haal Albion
ons vlag verrad'lik neer,
en doen toe net al wat hul kon,
dat ons hul vlag moes eer:
"Ons sou dan alles daarby wen,
'n telegraaf en spoor,
as ons die rooivlag wil erken".
Maar dit wou ons nie, hoor!


Vier jaar lank het ons mooi gepraat,
om weer ons land te kry:
"Ons vra jou, Brit, geen goed of kwaad;
gaan weg en laat ons bly!"
Maar toe die Brit ons nog vererg,
toe vat ons die geweer.
Ons was al lank genoeg geterg,
nou kan ons tog nie meer.


En met Gods hulp het ons
die juk van Eng'land afgegooi,
ons is weer vry, geluk!
Geluk! Nou waai ons vlag weer mooi!
Dit het ons heldemoed gekos,
maar Eng'land nog veel meer,
so het die Heer ons weer verlos,
ons gee Hom al die eer.
 
 SIMBOLIEK
 
Die Vierkleur aan die wapperkant van die vlag simboliseer die vryheidstryd van Transvalers sowel as Noord-Natallers, vanaf volksplanting tot vandag asook die geogafiese gebied van die Transvaal waarbinne Transvalers hulself vandag demografies bevind.

 

 GESKIEDENIS
 
(1857 - vandag) In 1855 is 'n komitee benoem om 'n grondwet en vlag vir Transvaal saam te stel. Op die komitee het o.a. gedien Jacobus Stuart as voorsitter met Ds. Dirk van der Hoff in 'n raadgewende hoedanigheid asook ’n jong seun met die naam Paul Kruger as lid van die komitee. In 'n onderhoud wat gevoer is met 'n dogter van Martinus van der Hoff, broer van Ds. Van der Hoff, het sy onthul dat die Vierkleur deur haar pa en Jacobus Stuart ontwerp is in opdrag van bogenoemde komitee. Volgens haar het haar vader hierdie gebeurtenis persoonlik aan haar meegedeel. Die vlag is dus deur Ds. vd Hoff se broer ontwerp en nie deur homself soos deur verskeie ander bronne aangegee nie. Die groen vertikale baan wat deur Van der Hoff en Stuart aangebring is, was om goeie hoop te simboliseer. Aan Sy Majesteit, die koning van Nederlande, skryf Pres. Pretorius op 10 Januarie 1857: Onze vlag is boven rood, midden wit, onder blaauw horisontaal en eene groene strook ter halver breedte an eene der drie kleuren, langs den stok perpendicular, aan deze vasgehecht. “Ons het goeie hoop, dat ons, met God se hulp in die reinheid en suiwerheid van bedoelings ons vryheid sal behou, en bid tot God dat geen menslike mag hierdie vryheid van ons sal ontneem nie! Op 6 Januarie 1857 is die vlag amptelik in gebruik geneem.

Die Volksraad bekragtig dit dan ook met hierdie bewoording: "Is besloten dat eene vlag voor de Zuid-Afrikaansche Republiek aangenomen zal worden, bestaande uit de volgende kleuren: Rood, Wit en Blaauw, horizontaal - even breed en boven elkanderen gesteld en groen perpendiculair langs den stok”. Daarop zullen de woorden geplaatst worden; “EENDRACHT MAAKT MACHT” Die bepaling dat hierdie woorde op die groen baan geplaas moet word is later verander deur die woorde op die leuselint onderaan die staatswapen te plaas.
AMPTELIKE BESKRYWING
 
Die vlag is in die verhouding 2:3, en bestaan uit drie horisontale bane, almal ewe breed, waarvan die boonste rooi is, die middelste wit, en die onderste groen. Langs die vlagpaal, is 'n donker groen vertikale baan wat oor al drie horisontale bane gaan, en een en 'n kwart keer so breed is as die horisontale bane.
 

 Suid-Afrika: my land

Jy’s indrukwekkend, manjifiek
jou sondeurdrenkte landskappe
weerkaats helder beelde in my siel
jou pragtige wonders flikker oneindig
lank in die stilte van jou nagrus

Mount Aux Sources – so elegant en grasieus
verrys jy vanuit die voetheuwels, soos
‘n fakkel by die Spele ets jy lekkende
beelde teen die muur van my geheue
en voel ek jou hitte gloeiend teen my hart

O Blyde! ek fantaseer oor jou
magiese kragte wat jy sorgloos
en galant in die galery van my
stille gemoed stilletjies uitpak terwyl
my dawerende applous eggo
oor die velde van my gedagtes

Moederstad! hoe inskiklik laat jy my
telkens hakkel wanneer ek my herinneringe
sagkens koester – jou fasades!
waar ek jou gambiet betree
en gewillig my pionne oorgee

En saans voel ek jou fluweelagtige
skoonheid van elke sonsondergang
stadig neerdaal in my gemoed terwyl
ek stadig drink van jou geloofs-fonteine
wat borrellend bruis in oorvloed

Fragmentaries vier ek feeste
ek dans en omhels jou en jy -
jy blus my gees telkens met jou
magiese heildronke: een-vir-een
op ‘n toekoms – wat mag wees!
–Nikita –14/8/09

 
 Die Ou Voortrekker
 
My kinders om my bed geskaar
Ek voel die lange tog is klaar,
Die laaste uitspan daar, —
Dank Heer, dat U aan gindse kus
Die moeë trekker gun sy rus,
Na opdraans lank en swaar.Die ou familiebybel daar
Moet julle meer as goud bewaar;
Hy was deur al die swaar
My raad en troos in tyd van nood,
Nou in die ure van die dood
My vaste steunpilaar.Daar aan die muur hang my geweer;
Bewaar hom goed. Hoe menig’ keer
By dreigende gevaar
Was net sy snelle, wisse lood
Ons een’ge redding van die dood
Deur roofdier of barbaar!Majoebaberg die ken sy knal;
Die grootwild het voor hom geval,
En leeus die stof gebyt!
Mag daar nooit iemand met my van,
Wat nie kan skiet — geen weerbaar’ man, —
Die lewe hulploos slyt.Besonders wil en julle vra:
Hou vir gedagt’nis my ou wa;
Wat het hy nie deurstaan?
Hy was ons huis as onweer dreig,
Ons vesting sterk in felle kryg
Met Silkats en Dingaan!Hy kan getuig van moedermin:
Die Lewe het in hom begin;
Die kille Dood ken hy.
Wat ‘n verhaal kon hy ontvou
Van mannemoed en vrouetrou
En eerste liefde bly!Gee aan ou Poon, my laaste perd,
Genadebrood. Hy is dit werd.
Vir hom is daar geen geld!
Hoe dikwels het ons twee gedeel
My laaste bietjie mieliemeel
Daar buite op die veld!My kinders bly die grond behou;
Onthou julle afkoms; wees getrou!
Laat vreemde sedes staan!
Al bars die swaarste onweerswolk
Oor ons, tog bly ons nog ‘n volk
En sal ons voortbestaan.Daar’s nog ‘n ou Transvaalse vlag —
Bewaar . . wie weet . . miskien . . een dag —
Ek sal daar nie meer wees —,
Maar mag ons eie vlag weer waai,
Vat my geweer en skiet en laai —
En . . . Heer, ontvang my gees !AG VISSERAdam Small se gedigte [spesiaal ook vir Bets - op haar versoek op die 'About' bladsy]
 
 
 





 
 
 



 


Homepage zu Favoriten hinzufügen Homepage als Startseite festlegen ?
Klick mich!


Diese Webseite wurde kostenlos mit Homepage-Baukasten.de erstellt. Willst du auch eine eigene Webseite?
Gratis anmelden